0

Nodig om te weet wat is my regte en my kinders se regte veral wanneer dit kom by die gebruik van die pad in die veiligheids kompleks.

Daar word gese die Direksie vat geen verantwoordelikheid indien n kind raak gery word nie. Hulle weier om spoedgrens borde op te sit of children are playing etc. wat is die wet rondom die voetganger.

As my 4 jarige uitloop het ek nodig om te weet mense moet bewus wees en almal is bewus maar sal nogsteeds op jaag en hoot vir die kind asof hy n hond is.

Ek word nou tans aangevat na 8 jaar wat ek hier woond dat ek n besigheid vanaf my huis bedryf.

Dis omdat die persoon wat saam my werk hier parkeer en dan ry ons saam, of as ek die vorige dag se materiaal aankoop en die volgende dag inpak word ek aangevat oor dit, eks n elektrisien en werk in die veld en het geen vaste ure nie.

Wat is die verskil tussen my en die Een van die Direksie wat Engins agter op sy bakkie stoor en parkeer by sy huis, of die bure wat in die pad die plaveisel stop maar sodra ons dit doen word ek aangespreek of daar word op ons geskree.

Als word heeltemal uit persporsie geruk en ekt nodig om te weet wat is ons regte as n gesin in die kompleks. Kinders mag skaars buite speel, ons word dop gehou wie in en uitgaan by die hek…

Dit raak nou een te veel hulle teister ons en veroorsaak onrus in ons huishouding en met die eienaar.

Wat staan my te doen ?! Wat kan ons doen ?! Ekt nodig dat die mense weet eks gatvol. En niemand moet my of my kinders nader of op hulle skree of uit die pad of voor hulle huise wegjaag nie veral nie n 4 jarige kind nie. Ek hoor graag van julle. Dankie

Category:  The Constitution, Defending your Rights

Region: South Africa, Gauteng