Mag eienaar net my water en krag af sit omdat hy my uit huis wil he?
Ons bly tans amper n jaar op n plaas in n volkshuisie wat as deel van my man severgoedings pakket uit gemaak het nou dat hy n beter werk gekry het in dorp nou die einaar van plaas heel snaaks en het ons water en krag net af gesit nadat ooreen gekom is ons kan aan bly maar moet dan net huur betaal so het ons hoeveel kere gevra wat ons moet betaal maar geen antwoorde gekry nie nou ewe skielik word krag af gesit omdat hy se ons betaal nie huur nie maar elke keer het hy my man gestop as iets gebreuk het dan my man hom gehelp en goed reg gemaak met geen betaaling nie wantdit dan betaaling op huur gewees
Ons sit met 2 kinders en het al ons kos verloor omdat hy krag af gesit het
Category: Property, Rental and Housing Tribunal
Region: South Africa, Western Cape
1 Answer
Goeie Naand Liesl V, dit is baie hartseer dat die twee kinders nou swaar moet kry omdat die ouers en die boer ongelukkig is met mekaar. Dit is regtig jammer dat die boer die water afgesny het want dit is n lewensnoodsaalike middle. Ek stel voor dat u en u man onmidelik n afspraak reel met die boer en neem huur geld saam om hom te betaal. Bespreek dan julle toekoms oor die huur en verblyf wat julle op skrif stel. Ek adviseer dat u man vir hom verduidelik tydens die besoek aangaande die werk wat hy nie betaling voor ontvang het nie kos soveel en dat die boer dit tov die huur verskuldig kan aftrek indien hy sou wou. Die risiko wat julle loop is dat die boer julle dan die trekpas kan gee. Ten aansien van die verlore kos weens die elektristeit wat afgesny is stel ek voor julle skryf dit af as skoolgeld. Sterkte en vra gerus weer as julle nie regkom nie.