seun vermoor met mes
Goeiemore hoop u kan my help my seun is vermoor deur Jaco Matthee en die staat het die saak terug getrek en gese dis self verdediging . Hulle het woorde gehad en Jaco het n mes gevat en my seun dood gesteek. My seun het geen wapens op hom gehad nie. Asb ek het u hulp nodig . Da is n video van die gebeutenis dit het in n bar gebeur in Rustenburg Noord Wes. Die een wat n verklaring af gegee het; het gelieg op sy verklaring want hy het vir vriende gaan se wat regtig die woorde was en hulle sal gestyg. Dis baie invloedryke mense . Asb groot asb kan iemand my help. Groete Linda
Category: Criminal Law, Trial Matters
Region: South Africa, North-West
1 Answer
Goeie More Linda V, daar is verskeie opsies wat u kan kies of volg. Ek stel voor dat u onmidelik u misnome soos hier bo genoem op skrif stel en die probleem onder die aandag van die Direkteur van Openbare Vervolgings Noord Gauteng Pretoria bring en versoek dat hulle die aangeleentheid ondersoek en die besluit om nie te vervolg heroorweeg. Maak seker dat die ooggetuie se vervalste bewerings ook ondersoek word want dit is ook n misdryf. Vra gerus weer as u nie deur die prosses regkom nie.